Braam was die ideale kandidaat vir M-Net se “Boer soek ‘n vrou” – jonk, aantreklik en met baie ambisie om suksesvol te wees in alles wat hy aanpak. Maar hierdie melkboer van Meyerton het lank reeds sy hart verloor op ‘n donkerkop met bokkie-oë. Ek dink die “Sproetjies” wat Sias Reyneke destyds besing het, moes sekerlik soos Juanita gelyk het. Hierdie twee kom al van skool af saam en dis duidelik dat hulle beste vriende is wie se verhouding gebou is op wedersydse respek maar veral ook pret en ‘n goeie sin vir humor.
Braam en Johanita het ‘n pragtige dag gekies om die knoop deur te haak. Ons het egter skaars met die “couple shoot” begin toe daar ‘n lawwe reënbuitjie uitsak wat amper ons pret bederf het. Gelukkig is Three Rivers Lodge tans besig om hulle venue te vergroot op die erf net langsaan en ons het toe sommer daar by die bouperseel ons fotosessie voortgesit. Die lig op die balkon was absoluut stunning.
Geniet die kiekies! En dankie dat ek die dag kon vasvang. Dit was heerlik om julle beter te leer ken. Dankie ook vir Juan wat oudergewoonte my “wing man” was.

































That last shot is to die for!
Thanks Wes, its my favorite too!
Lovely Hannalee! So gorgeous!
stunning as ever
Ek het altyd geweet my 2 kinders is pragtig, uitgeknip vir mekaar maar Hannalee het dit vasgevang wat hulle vir mekaar is – ek het hulle nog nooit so beeldskoon gesien nie. Dankie Hannalee dat jy jy hul mooiste dag vasgevang het vir n ewigheid!!
Die foto’s is pragtig! Dit bring julle liefde vir mekaar navore! Amazing!
Baie baie nice foto’s julle 2, lyk soos 2 modelle..!!
Great werk Hannalee!
Pragtig!!! Julle twee lyk stunning!! Dankie dat ons die mooi dag saam met julle kon deel!
Jul troudag was regtig baie mooi en spesiaal. @Hannalee het elke mooi oomblik vasgevang. Julle foto’s is stunning. Kan nie wag om al die ander te sien nie!
Ongelooflik mooi, sjoe moet sê my skoonsus beslis die mooiste bruid in die familie eb Braam baie “handsome” in sy pak.
Goeie genade! Dit lyk soos ‘n photoshoot vir Cosmo of een van daardie tydskrifte! Nie soos ‘n gewone familie troue nie! Absoluut briljant gedoen.
WOW!!! Dit is pragtig!! Lyk of ek na foto’s uit ‘n tydskrif van oorsee kyk.
Jul mooiste dag my pragtige kinders! Hannelee jys is en bly die beste. Fotos is stunning. Wag is spanning vd res.
Kyk, het geweet hulle is pragtig, maar dit is beslis die MOOISTE wat hulle nog ooit was, die vonk en iets spesiaal tussen die twee is perfek vasgevang. Absoluut pragtig!!!!
FANTASMAGORIES MOOI ! ! ! ! !
BAIE Dankie Hannalee en Juan dat jul ons mees spesiaalste dag kon vasvang!
Beautifully done Hannelie, love the photography.
Beautifully done Hannelie, great photography.